Home Page Maps Tourism in Dinokeng & Cullinen Business Directory History of Dinokeng & Cullinan Search About Us Contacts
 
   

Reg No: 059-996-NPO

Elandshoek 96, Rayton, 1001
Posbus 837, Rayton, 1001
082 927 0540

ducklings@vodamail.co.za
www.qumihomes.org
Dagse Vriende

Ek het n nuwe uitdaging en wil dit gaan met jul deel. Ek wil jul graag vertel van Qumi Huis. Qumi Huis is gelee in Rayton. Die huis bestaan uit 43 kinders. Hier word persone wat vir een of of ander rede nie by hulle ouerhuise of familie kan woon, ‘n tuiste gegee. Qumi is nie ‘n inrigting nie, maar ‘n huis, ‘n plek waar die persoon soos ‘n normale mens kan woon en funksioneer. Alhoewel daar toesighoudende personeel aan diens is is die inwoners self vir die bydryf van die huis verantwoordelik. Hulle gaan ook gedurende die dag na n werkswinkel waar hul vaardighede aan leer.

Soos jul weet was daar n program van cullinan sorg op tv, wat gewys was op Carte Blanche. Die van jul wat dit nie gesien het nie dit was nie n mooi gesig om te sien hoe kinders aangerand, of in hokke in bome gesit is nie, en vele meer. Dit was skokkend, ek dink as iemand in jou sorg is moet hul eerstens veilig voel, en jy moet probeer om die beste vir hom/haar te gee. Ek doen n beroep op jul om ons te ondersteun en te help waar jul kan, help ons om hierdie mense se lewe te verander en hul te probeer genees van die stampe en stoote wat die lewe hul gegee het. Hul het dit nie breed gehad nie , net ek en jy kan help om n verskil in hierdie mense se lewens te maak.

Ons benodig verskeie dinge

Finansiele hulp om die huise se huur, krag en water te betaal. Enige bydrae hoe klein ookal sal help.

Kos soos groente, vrugte en blikkies kos. Al ken jy iemand by n winkelsentrum wat ons kan help met kos waarvan die vervaldatum alreeds verval sal ons dit baie waardeer. Help ons asb om ons kos rekening laag te hou.

Ons soek ook iemand wat ons kan borg met n internet sodat ons meer emails kan uitstuur, indien jy weet van so n persoon wat ons kan borg sal ek dit so waardeer. Met meer emails kan ek meer sake onderneming bereik.

Enige ander artikels sal ons waardeer.

Indien jy enige navrae het of meer wil weet van Qumi huis, skakel of email my asb. My kontak besondere is 082 927 0540. Kom ons staan saam en help om hierdie mense wat God aan ons wereld toe vertrou het net die beste te gee. Mag jy n wonderlike dag he.

Anton-Marius Venter
Bestuurder Qumi Huis
082 927 0540